ons liefdesverhaal
Party liefdes is bestem om mekaar te vind, maak nie saak watter draaie die lewe neem nie. Ons storie is een van daardie liefdes.
Ons het al ’n lang pad saam gestap. Ons paaie het vir ’n tyd lank geskei, maar twee jaar later het die lewe ons weer bymekaar uitgebring. Hierdie keer met harte wat nog beter verstaan hoe kosbaar dit is om mekaar te hê. Ons was nog altyd die regte mense vir mekaar — ons moes net die regte tyd vind.
Vandag is ons dankbaar vir elke tree wat ons tot hier gebring het, want dit het ons geleer om die liefde wat ons deel nog dieper te waardeer. By mekaar het ons iets besonders gevind: ’n liefde wat veilig voel, ’n vriendskap wat sterk staan en ’n toekoms waarna ons met opgewondenheid kan uitsien.
Nou begin die mooiste hoofstuk van ons storie. ’n Lewe waarin ons mekaar elke dag weer sal kies, saam sal droom, saam sal groei en mekaar deur elke seisoen van die lewe sal liefhê. Ons sien uit na ’n huis vol lag, klein oomblikke wat groot herinneringe word, drome wat waar word en ’n liefde wat met elke jaar net sterker sal groei.
Ons weet nie presies wat die pad vorentoe vir ons inhou nie, maar ons weet met wie ons dit wil stap.
Want die mooiste deel van ons liefdesverhaal is nie wat agter ons lê nie, maar alles wat nog vir ons voorlê.
En so kies ons mekaar — vandag, môre en vir altyd.
Vir altyd Engelbrecht
The Feather Hill Venue
Potchefstroom
Aanwysings na venue
tydlyn van
15:30
Huwelikseremonie
16:30
Vingerhappies, drankies & foto’s
18:30
Onthaal
19:30
Hoofgereg
20:30
Nagereg
Formeel
Ons vra dat ons gaste asseblief formeel aantrek, maar steeds gemaklik moet voel. Daar is geen spesifieke kleurskema nie — trek aan in die kleur wat jou mooi laat voel.
Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag is reeds vir ons ’n groot geskenk. Indien julle graag ’n geskenkie wil gee, sal daar ’n koevertboks beskikbaar wees.
Mag kinders die troue bywoon?
Ons is baie lief vir julle kleingoed, maar ons troue sal slegs vir volwassenes wees. Ons hoop julle geniet die geleentheid om ’n heerlike aandjie uit te geniet.
Mag ek ’n metgesel saambring?
Ons wens ons kon hierdie spesiale dag met almal deel, maar weens beperkte spasie kan ons ongelukkig nie voorsiening maak vir ekstra gaste buiten dié wat genooi is nie. Dankie vir julle begrip.
Mag ek my eie drankies saambring?
Geen eie drankies word toegelaat nie. Ons vra vriendelik dat julle die kroeg ondersteun en julle drankies daar bestel.
Gaste wat graag vir die aand wil oornag, word vriendelik versoek om self hul verblyf te reël.
Dae · Ure · Minute · Sekondes
RSVP voor of op 30 November 2026
Baie dankie!
Ons het jou RSVP ontvang.